Dis ’n heerlike bederf vir sjokoliste. Dis krakerig, glad en soet – die volmaakte nagereg.

Genoeg vir 6

Bereiding: 15 min.

Bak: 1 uur 12 min.

KORS

200 g sjokoladekoekies, fyngedruk

60 g botter, gesmelt

VULSEL

310 ml (1¼ k) room

250 g donker sjokolade, gekap

2 eiers

5 ml (1 t) vanieljegeursel

MERINGUE

6 eierwitte

250 ml (1 k) strooisuiker

15 ml (1 e) mieliemeelblom

15 ml (1 e) wit asyn

15 ml (1 e) vanielje-ekstrak

Voorverhit die oond tot 120 oC.

  1. Kors Meng al die bestanddele en voer die bodem van ’n bakpan uit.
  2. Vulsel Bring die room tot kookpunt. Giet dan oor die sjokolade en laat staan 5 min. Roer liggies tot glad.
  3. Klits die eiers en vanielje in ’n ander bak en roer dan by die gesmelte sjokolade in.
  4. Giet die vulsel in die kors en bak 10 min.
  5. Meringue Klits die eierwitte in ’n groot mengbak tot stywe punte vorm. Voeg die geleidelik die suiker 15 ml op ’n slag by en klits goed ná elke byvoeging. Klits die mieliemeelblom, asyn en vanieljegeursel in.
  6. Skep die mengsel oor die sjokoladetert en smeer dit in ’n ruwe sirkelpatroon. Sit ’n uur in die oond. Skakel die oond af en laat dit daarin afkoel.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan