Genoeg vir 6 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

Verkoeltyd: 4 uur

250 g brosbroodkoekies

100 g botter, gesmelt

200 g donkersjokolade

80 ml (? k) dikroom

350 g wit malvalekkers

60 ml (¼ k) melk

85 g (1 pakkie) koejawel- of lemoenjellie

1    Smeer ’n vierkantige bakpan van 20 cm. Verwerk die koekies in ’n voedselverwerker tot fyn. Giet die botter in en verwerk tot goed gemeng. Druk die mengsel op die bodem van die bakpan vas en verkoel in die yskas.

2    Smelt die sjokolade in ’n hittebestande bak oor pruttende water terwyl jy seker maak die bak raak nie aan die water nie. Roer die room in en roer tot glad. Giet oor die basis en versprei egalig. Verkoel 1 uur of tot ferm in die yskas.

3    Verhit die malvalekkers en melk in ’n kastrol oor lae hitte terwyl jy elke twee minute roer tot gesmelt en glad. Giet die sjokolade oor en versprei dit egalig met ’n spatel. Verkoel 2 uur of tot geset.

4    Maak die jellie volgens die aanwysings op die verpakking. Verkoel 1 uur of tot geset en skep oor die malvalekkerlaag. Sny in vierkante en sit voor.

- Hope Malau