GENOEG VIR 8-10 MENSE

Bereiding: 20 min.

Bak: 12-15 min.

Verkoel: oornag

KOEK

250 g donkersjokolade,

grof gekap

50 g botter

100 ml strooisuiker

5 ml (1 t) balsemieke reduksie

2 groot eiers

180 ml (¾ k) koekmeel

1 ml (¼ t) bakpoeier

5 ml (1 t) vanieljegeursel

’n knippie sout

VULSEL

60 ml (¼ k) water

15 ml (1 e) gelatien

2 x 250 g mascarpone

250 ml (1 k) ekstradik room

200 g witsjokolade, gesmelt

150 g sjokoladestukkies

vars bessies

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 2 x 20 cm-koekpanne.

  1. Koek Plaas die sjokolade, botter en strooisuiker in ’n hittebestande glasbak. Smelt dit oor ’n pot met water wat liggies prut terwyl jy dit heeltyd roer. Verwyder van die hitte en laat ’n rukkie afkoel.
  2. Meng die oorblywende koekbestanddele en voeg by die sjokolademengsel. Meng.
  3. Verdeel die mengsel in die twee panne en bak 12-15 min. Haal die koek uit die panne en laat dit afkoel.
  4. Vulsel Gooi die water oor die gelatien en laat staan om te spons. Verhit die gelatien ’n
  5. paar sekondes tot dit gesmelt het en meng dit met die oorblywende vulselbestanddele buiten die bessies.
  6. Pak die koek laag vir laag in ’n losboomkoekpan van 20 cm – begin deur een van die sjokoladekoeke eerste te pak en smeer die helfte van die mengsel daaroor. Herhaal en smeer die res van die mengsel bo-oor. Plaas drie uur in die yskas voor jy dit met die bessies versier.