Genoeg vir 12

Bereiding: 20 min.

Verkoel: 4¼ uur

BASIS

75 g heel haselneute

1 pakkie (200 g) maklik verteerbare sjokoladekoekies

90 g botter, gesmelt

VULSEL

20 ml (4 t) gelatienpoeier

60 ml (¼ k) louwarm water

2 houers (250g elk) volvet-roomkaas

250 ml (1 k) strooisuiker

5 ml (1 t) vanieljegeursel

250 ml (1 k) vars room

BOLAAG

75 g karamel-kondensmelk

  1. Voer ’n 20 cm-losbodem-koekpan uit met bakpapier.
  2. Plaas die neute in ’n droë pan oor matige hitte tot dit gerooster is. Laat dit afkoel en vryf dit dan tussen jou hande om van die velle ontslae te raak.
  3. Meng die koekies en geroosterde neute saam om growwe krummels te vorm. Wees versigtig dat die mengsel nie te fyn raak nie.
  4. Roer die botter by om dit goed te meng. Druk die mengsel eweredig op die basis van die koekpan. Plaas in koelkas terwyl jy die vulsel maak.
  5. Vulsel: Druk die gelatien liggiesin die louwarm water en laat twee minute eenkant staan.
  6. Klits die roomkaas, strooisuiker en vanielje saam tot glad. Roer die gelatienmengsel by.
  7. Klits die room tot die volume verdubbel en vou dit dan sagkens in by die kaasmengsel. Skink die mengsel oor die koekiebasis en plaas vier uur in die koelkas of tot ferm.
  8. Bolaag: Plaas die karamel-kondensmelk in ’n spuitsak met ’n nou tuit. Maak oorkruislyne op die kaaskoek en plaas vir nog 15 minute in koelkas of tot die karamel gestol het.

Deur Hope Malau