Lewer 6 koppies of muffins

Bereiding: 15 minute

Baktyd: 45 minute

170 g botter

140 g donkersjokolade, in stukkies gebreek

200 g strooisuiker

50 g bruinsuiker

4 eiers

5 ml (1 t) vanieljegeursel

1 ml (¼ t) amandelgeursel

110 g koekmeel

15 ml (1 e) kakao

100 g gekapte okkerneute

gesmelte sjokolade en gekapte neute vir afronding

  • Voorverhit die oond tot 180 °C
  • Spuit 6 groot teekoppies of diep muffinholtes met kossproei of smeer met botter

  1. Smelt die botter en sjokolade in ’n glasbak in die mikrogolf of oor ’n kastrol met kookwater
  2. Roer die suikers by en klits die eiers een vir een by
  3. Voeg die geursels by en sif die koekmeel en kakao oor die mengsel Vou in saam met die okkerneute
  4. Skep in die voorbereide koppies of holtes en bak sowat 45 minute of tot ’n toetspen skoon uit die koekies kom
  5. Keer uit en laat afkoel of sit net so in die koppies voor
  6. Smeer die sjokolade oor en sprinkel die neute bo-oor