Maak 75 truffels

Bereiding: 15 minute

Verkoeltyd: 30-40 minute

  • 300 g Romany Creams of klappersjokoladekoekies
  • 250 ml (1 k) gedroogde bosbessies, grof gekap
  • 30 ml (2 e) kakao
  • 1 blik (397 g) kondensmelk
  • 250 ml (1 k) Milo- of sjokoladepoeier

  1. Maak die koekies in ’n voedselverwerker baie fyn en meng met die res van die bestanddele behalwe die Milo-poeier.
  2. Rol die mengsel in bolletjies en verkoel 30 minute of tot dit effens fermer is.
  3. Rol die truffels in die Milo- of sjokoladepoeier en verkoel tot die buitelaag styf is.
  4. Bêre in ’n lugdigte houer.