Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: sowat 50 minute

750 ml (3 k) room

180 ml (¾ k) strooisuiker

100 ml kakao

100 ml Milo-poeier

7 eiergele

10 ml (2 t) vanieljegeursel

200 ml strooisuiker

Voorverhit die oond tot 150 °C. Spuit 6 klein bakkies of oondvaste koppies met kossproei.

Plaas hulle in ’n groot oondbak en giet warm water in die bak tot halfpad vol.

Verhit die room, strooisuiker, kakao en Milo-poeier in ’n kastrol.

Roer tot die suiker opgelos is.

Klits intussen die eiergele en vanieljegeursel ’n paar minute tot die eiergeel verdik.

Giet die verhitte roommengsel in ’n dun straaltjie by die geklitste eier en hou aan met klits tot al die room by die eier ingeklits is.

Giet die mengsel in die bakkies en plaas in die oond.

Bak sowat 30 tot 40 minute of tot die mengsel net gestol is.

Haal die oondbak uit die oond en verwyder die bakkies. Laat afkoel en verdeel die strooisuiker tussen die bakkies.

Plaas die bakkies onder die roosterelement en rooster tot die strooisuiker karamelliseer.

Sit voor saam met koffie.