Dis nou regtig kul dié: Al jou bestanddele kom in ’n koppie, word in die mikrogolf gewoerts en siedaar, jy het die lekkerste poedinkies!

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 minute.

Gaarmaaktyd: 30-40 sekondes

60 ml (¼ k) koekmeel

60 ml (¼ k) suiker

30 ml (2 e) kakao

2 ml (½ t) bakpoeier

1 eier

45 ml (3 e) olie

5 ml (1 t) vanieljegeursel

45 ml (3 e) melk

  1. Meng al die droë bestanddele.
  2. Voeg die eier by en meng goed.
  3. Giet die olie, geursel en melk by en meng goed.
  4. Skep in 4 koppies en mikrogolf 30-40 sekondes tot gaar, maar effens loperig.
  5. Sit voor saam met roomys of vla.

WENKE

Sprinkel gekapte neute oor die deeg voor jy die koppies in die mikrogolf sit. Of voeg 5 ml (1 t) koffie by die kakao vir ’n mokkageur.