Bereidingtyd: 10 minute

Baktyd: 35 minute

Genoeg vir 4 mense

2 eiers, geskei

250 ml (1 k) suiker

60 ml (¼ k) meel

250 ml (1 k) melk

200 ml (¾ k) mangosap

1 lemoenskil

30 ml (2 e) botter, gesmelt

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Smeer vier oondvaste bakkies.
  2. Klits die eiergele en suiker saam.
  3. Voeg die meel, melk, sap, lemoenskil en botter by die eiergeelmengsel.
  4. Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en vou dit by die mengsel in.
  5. Gooi die mengsel in die vooraf bereide bakkies en bak in die oond vir 35 minute of tot goudkleurig bo-op en sappig onder.

- Hope Malau