LEWER 52 HAPPIES

Bereiding: 15 minute

Roostertyd: 5-10 minute

Afkoeltyd: 20-30 minute

250 ml (1 k) amandelbrokkies

250 ml (1 k) rysvlokkie-ontbytkos (Rice Krispies)

250 ml (1 k) klapper

250 g donker- of baksjokoladeskyfies

Skakel die roosterelement van die oond aan. Pak klein papierkoppies in kolwyntjiepannetjies.

  1. Plaas die amandels, rysvlokkies en klapper op ’n bakplaat, versprei egalig in ’n taamlike dun lagie en rooster tot net verbruin. Roer die mengsel ’n paar keer met ’n houtlepel sodat dit egalig kan verbruin. Pasop vir brand.
  2. Smelt die sjokolade in ’n glasbak oor ’n kastrol met pruttende water of 1-2 minute in die mikrogolfoond tot net gesmelt. Roer gereeld terwyl die sjokolade smelt.
  3. Voeg die rysvlokkiemengsel by die gesmelte sjokolade en meng goed.
  4. Skep die mengsel in die klein papierkoppies en laat staan tot gestol.

WENK

Sjokoladeblokkies of -skyfies bly heel in die mikrogolfoond; roer dit dus goed as jy dié smeltmetode kies.