Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 1 uur 15 min.

50 g botter

750 ml (3 k) kortkorrelrys

250 ml (1 k) strooisuiker

1 liter (4 k) volroommelk

250 ml (1 k) dikroom

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

’n knippie sout

oorgenoeg vars gemaalde kaneel

Voorverhit die oond tot 140 °C.

  1. Smelt die botter in ’n middelslag pot oor matige hitte. Voeg die rys by en roer om te bedek. Voeg die suiker by en roer tot dit opgelos het. Hou aan roer tot die rys uitdy en klewerig word.
  2. Giet die melk in en hou aan roer tot geen klonte oorbly nie. Voeg die room en vanielje-ekstrak by en bring die mengsel tot by prutpunt.
  3. Wanneer dit bereik is, verplaas na ’n kasserolbak en bestrooi liggies met kaneel. Bak ’n uur en bedek met foelie as die oppervlak te vinnig verbruin.
  4. Wanneer dit in die middel bewe, is dit gereed. Sit voor teen kamertemperatuur.