Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur en 40 minute

RYSMENGSEL

100 ml rou rys

300 ml ingedampte melk

500 ml (2 k) melk

2 eiers, geskei

30 ml (2 e) strooisuiker

KARAMELSOUS

20 ml (4 t) botter

60 ml (¼ k) bruinsuiker

160 ml (²/³ k) ingedampte melk

5 ml (1 t) vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 160 °C.

Smeer ’n oondvaste bak.

  1. RYSMENGSEL Spoel die rys af en plaas dit saam met die ingedampte melk en melk in ’n kastrol. Laat prut sowat 1 uur oor stadige hitte of tot die rys sag en romerig is. Roer af en toe om te keer dat die rys vasbrand. Laat die rys effens afkoel.
  2. Klits die eiergele en suiker saam tot lig en romerig en vou by die rys in. Klits die eierwitte tot sagtepuntstadium en vou by die rysmengsel in.
  3. KARAMELSOUS Verhit die botter, bruinsuiker en ingedampte melk saam tot die suiker opgelos het. Laat prut 3 minute en voeg die geursel by.
  4. Giet die sous in ’n oondvaste bak. Skep die rysmengsel op die sous en bak 40 minute of tot die vulsel gestol en gaar is.