250 ml (1 k) kortgraanrys

1 L (4 k) melk

125 ml (½ k) strooisuiker

30 ml (2 e) vanieljestroop

80 g gerasperde sjokolade

45 ml (3 e) aarbeikonfyt, verhit

Voorverhit die oond tot 150 °C. Spoel die rys in koue water om stowwerige stysel te verwyder.

Plaas die rys in groot kastrol met die melk, suiker en vanieljestroop.

Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut 25 minute. Roer elke 5 minute.

Laat nog 5 minute prut terwyl jy aanmekaar roer om te keer dat die rys vassit.

Verwyder van die plaat en gooi dit in ’n vlak oondskottel.

Bak 30 minute in die oond. Haal uit en laat staan minstens 1 uur; dit sal die romerige tekstuur laat ontwikkel.

Strooi die sjokolade oor en skep die konfyt oor.