Genoeg vir 6 koppies

Bereiding: 25 minute

Staantyd: oornag

1 chai-rooibosteesakkie

250 ml (1 k) kookwater

430 ml (1¾ k) suiker

750 g roomkaas

250 ml (1 k) room, verkoel en styf geklits

30 ml (2 e) Van der Humlikeur

1 pakkie (200 g) suikerbroodvingers, in stukke gebreek

Kakaopoeier

  1. Laat trek die tee 10 minute in die kookwater tot lekker sterk. Verwyder die sakkie. Voeg 1 k (250 ml) van die suiker by en roer tot die suiker opgelos het.
  2. Meng die roomkaas, helfte van die room, die res van die suiker en die likeur goed.
  3. Doop die stukke suikerbroodvingers in die rooibostee en pak ’n lagie in elke koppie. Skep ’n lagie roomkaasmengsel in. Herhaal die lae tot die koppies vol is en plaas dit oornag in die yskas. Skep die orige room bo-op.
  4. Sif die kakao oor en sit voor.