Ons het rosyntjiebrood pleks van gewone brood gekies vir ’n interessanter smaak. Jy maak ook hierdie resep in die mikrogolf.

Genoeg vir 4-6 mense.

Bereiding: 15 minute.

Gaarmaaktyd: 10 minute

10 snye dagoue rosyntjiebrood, korsies afgesny botter

appelkooskonfyt

125 ml (½ k) bruinsuiker gemeng met 7 ml (1½ t) kaneel goeie hand vol sultanas, rosyntjies of bosbessies 500 ml (2 k) melk 4 eiers Sout

  1. Smeer die brood met botter en konfyt en plak op mekaar. Sny in kwarte.
  2. Besprinkel die boom van ’n gesmeerde mikrogolfvaste bak met heelwat kaneelsuiker.
  3. Pak die broodkwarte in met puntjies wat opstaan.
  4. Sprinkel die sultanas, rosyntjies of bosbessies oor.
  5. Klits die melk, eiers en sout saam en giet oor. Sprinkel die res van die kaneelsuiker oor en hou ’n bietjie eenkant.
  6. Laat staan tot die eiermengsel ingetrek het.
  7. Mikrogolf sowat 10 minute tot dit gestol het.
  8. Laat 5 minute staan, besprinkel met kaneelsuiker en sit voor saam met room of vla.