’n Maklike en romerige smelt-in-jou-mond-nagereg.

Genoeg vir: 6

Bereiding: 10 min.

Verkoel: 2 uur

2 sakkies rooibostee

100 ml kookwater

500 ml (2 k) room

500 ml (2 k) natuurlike dubbelroomjogurt

10 ml (2 t) vanieljegeursel

80 ml (? k) bruinsuiker

300 g tennisbeskuitjies, fyngedruk

kaneel vir bestrooiing

1. Plaas die teesakkies vir ’n paar minute in kookwater. Haal uit en laat die tee afkoel.

2. Klits die room in ’n groot bak tot sagte pieke vorm. Voeg die afgekoelde tee, jogurt, vanieljegeursel en suiker by.

3. Strooi van die koekies op die bodem van die skottel. Skep van die romerige mengsel oor die koekies.

4. Strooi nog fyngedrukte koekies oor die roomlaag en herhaal die proses tot die laaste laag met room.

5. Plaas vir 2 uur in die yskas. Strooi kaneel oor voor jy dit voorsit.

Resepte: Carmen Petersen

Kook & stilering: Hope Malau

Foto’s: Megan Miller