Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 10 min.

Verkoel: 4 uur

15 ml (1 e) gelatienpoeier

60 ml (¼ k) water

125 ml (½ k) suiker

500 ml (2 k) room

310 ml (1¼ k) dikroom natuurlike jogurt

5 ml (1 t) vanieljegeursel

ROOIBOSSTROOP

180 ml (¾ k) suiker

60 ml (¼ k) heuning

250 ml (1 k) water

rooibosteesakkies

  1. Strooi die gelatien oor die water in ’n klein bakkie. Laat 5 min. staan.
  2. Meng die suiker en die helfte van die room in ’n kastrol en plaas oor matige hitte tot warm. Voeg die gelatien by terwyl jy roer tot dit opgelos het. Verwyder van die hitte. Roer die jogurt en oorblywende room in tot glad.
  3. Voeg die vanielje by en verdeel die mengsel tussen die ramekins. Bedek en verkoel 4 uur of tot geset.
  4. Rooibosstroop Meng die suiker, heuning, water en rooibosteesakkies in ’n kastrol oor matige hitte. Bring tot kookpunt tot die suiker opgelos het. Verwyder die teesakkies en laat afkoel.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan