Jeanette Ludick van Boksburg het haar familie-resep vir roly poly met ons gedeel

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 35 minute

POEDING

125 ml (½ k) botter

125 ml (½ k) suiker

3 eiers

560 ml (2¼ k) koekmeel

5 ml (1 t) fyn gemmer

10 ml (2 t) bakpoeier

125 ml (½ k) konfyt

STROOP

375 ml (1½ k) kookwater

125 ml (½ k) melk

250 ml (1 k) suiker

45 ml (3 e) brandewyn

3 heel naeltjies

2 stukke pypkaneel

gerasperde skil van 1 lemoen

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. POEDING Room die botter en die suiker en klits die eiers een vir een by. Sif al die droë bestanddele by die bottermengsel en meng goed.
  2. Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en smeer met die konfyt. Rol die deeg op soos ’n rolkoek en sny in sirkels van 2,5 cm. Pak die deegsirkels styf teen mekaar in ’n oondbak.
  3. STROOP Meng al die bestanddele saam in ’n kastrol en verhit tot die suiker gesmelt het en net kook. Giet die stroop oor die poeding en bak 35 minute in die verhitte oond tot gaar. Sit voor saam met vla.