Dit is die ideale nagereg, want jy kan die basis reeds ’n geruime tyd vooraf maak.

Dis genoeg vir 8-10 mense. Die bereidingstyd is 30 minute, die gaarmaaktyd is 1 uur en laat oornag rus.

Voorverhit die oond tot 140 °C. Voer ’n bakplaat met silikonpapier uit. (Gebruik andersins bakpapier en stuif met mielieblom.)

MERINGUE Klits die eierwitte tot effe styf, voeg die sout en strooisuiker lepelsgewys by en klits goed. Voeg die kakao by en klits sowat 2 minute. Vorm ’n sirkel, sowat 25 cm in deursnee, met die meringue op die bakplaat. Bak 1 uur, skakel die oond af en laat oornag in die oond afkoel.

VULSEL Smelt die sjokolade en botter in die mikrogolfoond teen 100 persent-krag of in ’n glasbak oor kookwater. Voeg die eiergele by en klits tot goed gemeng. Klits die eierwitte in ’n skoon glasbak tot effens skuimerig, voeg die strooisuiker by en klits sowat 2 minute tot styf. Hou eenkant. Klits 125 ml (½ k) van die room styf in ’n ander bak. Voeg die sjokolademengsel stadig by en klits goed. Vou die eierwitte in, bedek en verkoel oornag.

AFRONDING Plaas die meringue op ’n opdienbord en smeer die sjokolade-mousse oor. Klits die orige room styf en gooi bo-op. Rond af met roosblare en sjokoladeskaafsels.