Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 25-30 minute

BOLAAG

45 ml (3 e) botter, gesmelt

80 ml (¹/³ k) sagte bruinsuiker, styf ingedruk

15 ml (1 e) rum

125 ml (½ k) gekapte makadamianeute,

gerooster

6 vars of ingelegde pynappelringe

KOEK

300 ml koekmeel

250 ml (1 k) witsuiker

10 ml (2 t) bakpoeier

1 ml (¼ t) sout

160 ml (²/³ k) melk

60 g botter, by kamertemperatuur

1 eier

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

room vir opdiening

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. BOLAAG Giet die gesmelte botter in 6 ramekins of 6 holtes van ’n reuse muffinpan. Sprinkel die bruinsuiker, rum en neute oor die botter. Plaas ’n pynappelring boop die neute in elke holte en hou eenkant.
  2. KOEK Sif die meel, suiker, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak. Voeg die melk, botter, eier en vanielje by en klits 30 sekondes met ’n elektriese klitser teen lae spoed. Klits dan 2 minute teen matige spoed; skraap gereeld die kante van die bak.
  3. Giet die beslag bo-oor die pynappelringe. Bak 25-30 minute in die voorverhitte oond of tot ’n toetspen wat in die middel ingesteek word, skoon uitkom.
  4. Laat 2 minute in die ramekins of muffinpan afkoel. Sny die kante versigtig los met ’n skerp mes en keer dan op ’n gelyk oppervlak om.
  5. Sit warm of by kamertemperatuur voor saam met geklitste room.