Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

500 g piesangbrood

VLA

6 eiergele

100 g strooisuiker

250 ml (1 k) melk

250 ml (1 k) room

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

5 ml (1 t) heuning

SOUS

350 g bevrore gemengde bessies

sap van ½ suurlemoen

30 ml (2 e) strooisuiker

2 ml (½ t) vanielje-ekstrak

  1. Sny die piesangbrood in blokkies.
  2. Vla: Klits die eiergele en suiker in ’n bak tot vaal.
  3. Verhit die melk en room liggies in ’n kastrol tot naby kookpunt. Voeg ’n bietjie op ’n slag by die eiermengsel en roer goed ná elke byvoeging.
  4. Gooi die vla terug in die kastrol en bring tot kookpunt oor lae hitte terwyl jy aanhoudend roer met ’n houtlepel. Sodra dit dik is (dit moet die agterkant van die lepel bedek), verwyder van die hitte en giet in ’n beker. Roer die vanielje-ekstrak en heuning in en sit eenkant om af te koel.
  5. Sous: Plaas die bessies, suurlemoensap, die helfte van die suiker, die vanielje-ekstrak en 60 ml (¼ k) water in ’n kastrol, bedek en kook 8 minute oor matige hitte of tot die bessies sag is. Proe en voeg die oorblywende suiker by, indien nodig. Sit eenkant.
  6. Verdeel die piesangbroodblokkies tussen 4 glase. Bedek met die helfte van die vla en die helfte van die sous. Herhaal die lae.