Genoeg vir: 6

Bereiding: 10 min.

Verkoel: 3 uur

200 g tennisbeskuitjies, fyngedruk

80 g botter, gesmelt

385 g kondensmelk

500 g gladde maaskaas

125 ml (½ k) suurlemoensap

3 piesangs, gesny

250 ml (1 k) room

1. Meng die koekies en botter, en druk dit teen die bodem van ’n pan. Klits die kondensmelk, kaas en suurlemoensap saam in ’n bak tot dit ’n gladde, dik mengsel vorm.

2. Pak ’n laag piesangs op die kors, gevolg deur ’n laag vulsel en dan nog piesangs; eindig met ’n vulselbolaag.

3. Klits die room en skep dit bo-op. Verkoel 3 uur of oornag voor jy dit voorsit.

Resepte: Carmen Petersen

Stilering: Hope Malau

Foto’s: Megan Miller