Lewer 12 skywe

Bereiding: 10 minute

Staantyd: 1 uur

Gaarmaaktyd: 30 minute

PANNEKOEK

2 ryp piesangs

80 ml (? k) botter, gesmelt

750 ml (3 k) melk

375 ml (1½ k) meel

5 eiers

30 ml (2 e) bruinsuiker

2 ml (½ t) vanielje-ekstrak

knippie sout

2 ml (½ t) fyn kaneel

2 ml (½ t) fyn wonderpeper

VULSEL 

460 ml (2 bakkies) gladde maaskaas, versag

375 ml (1½ k) gewone jogurt

80 ml (? k) strooisuiker

2 ml (½ t) vanielje-ekstrak

BOLAAG 

60 ml (¼ k) donkerbruinsuiker

15 ml (1 e) botter

125 ml (½ k) pekanneute, gerooster

125 ml (½ k) room

  1. Pannekoeke: Verwerk die piesangs, botter en melk in ’n voedselverwerker. Voeg die oorblywende bestanddele by en verwerk tot goed gemeng. Verplaas dit na ’n bak en laat ’n uur in die koelkas rus.
  2. Verhit ’n kleefvrye pan oor matige hitte en smeer dit. Giet ’n lepel vol van die beslag in die pan, bak onverstoord drie minute of tot verbruin en keer dit om sodat die ander kant bak.
  3. Sit eenkant op ’n bord en herhaal met die res van die beslag. Sorg dat die pannekoeke nie aan mekaar vaskleef wanneer jy hulle op mekaar stapel nie.
  4. Vulsel: Klits die kaas tot sag. Voeg die jogurt, suiker en vanielje-ekstrak by terwyl jy klits.
  5. Plaas ’n pannekoek op ’n bord, smeer van die kaasmengsel met ’n spatel oor en bedek met nog ’n pannekoek. Herhaal met die res van die pannekoeke en vulsel.
  6. Bolaag: Plaas die suiker in ’n pan oor matige hitte tot die begin verhit. Voeg die botter, neute en room by en klits tot goed gemeng en dik.
  7. Skep die neutmengsel oor die pannekoekstapel en maak gelyk. Sit voor teen kamertemperatuur.

-     Hope Malau