Lewer 1 koek

Bereiding: 25 minute

Baktyd: 18 minute + 90 minute

KORS

200 ml koekmeel

100 g botter

80 ml (¹/³ k) fyn gekapte pekanneute

45 ml (3 e) bruinsuiker

VULSEL

500 g roomkaas of geroomde maaskaas

3 eiers

250 ml (1 k) vanieljejogurt

250 ml (1 k) fyn gemaakte ryp piesang

250 ml (1 k) bruinsuiker

30 ml (2 e) koekmeel

BOLAAG

125 ml (½ k) water

250 ml (1 k) bruinsuiker

125 ml (½ k) water

30 ml (2 e) botter

10 ml (2 t) mielieblom, tot ’n pasta

gemeng met 15 ml

(1 e) water

ekstra piesangskyfies en gekapte pekanneute

Voorverhit die oond tot 180 °C Smeer ’n 19 cm-koekpan

  1. Kors Meng al die bestanddele, druk vas op die boom van die koekpan en bak sowat 18 minute tot stewig.
  2. Vulsel Klits al die vulselbestanddele saam tot glad en giet in die kors. Verlaag die oondtemperatuur tot 160 °C en bak sowat -90 minute of tot stewig om die kante maar steeds drillerig in die middel. Skakel die oond af en laat in die oond afkoel. Verwyder uit die oond en verkoel in die yskas.
  3. Bolaag Meng al die bestanddele in ’n kastrolletjie en roer tot die mengsel kook en verdik. Laat effens afkoel, giet oor die koek en laat heeltemal afkoel.
  4. Sit voor met ekstra piesangskyfies en gekapte pekanneute.