Heerlik saam met teetyd, ’n versnappering of selfs as nagereg!

Lewer 6 koppies

Bereiding: 15 minute

Baktyd: 20-25 minute

150 g koekmeel

7 ml (1½ t) bakpoeier

knippie sout

60 g botter

150 g strooisuiker

1 eier

5 ml (1 t) vanieljegeursel

3 piesangs, fyn gedruk

50 g pekanneute, gekap

80 ml (¹/³ k) melk

versiersuiker vir bo-oor stuif

ekstra piesangskyfies vir versiering

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Smeer 6 dariol-koppies goed met margarine of spuit goed met kossproei.

  1. Sif die droë bestanddele saam.
  2. Verroom die botter en suiker tot lig en romerig. Klits die eier by en voeg die vanieljegeursel en piesangmoes by.
  3. Vou die meelmengsel en neuter om die beurt met die melk by die piesangmengsel in.
  4. Skep in die voorbereide koppies en bak 20-25 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koekies kom
  5. Keer uit en stuif met versiersuiker.
  6. Pak piesangskyfies bo-op.