Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 1 uur

500 ml (2 k) room

500 ml (2 k) dikroom

1 vanieljepeul

6 eiergele

125 ml (½ k) strooisuiker

4 klein piesangs, in skywe gesny

125 ml (½ k) suiker

Voorverhit die oond tot 160 °C.

  1. Plaas die rome en vanieljepeul in ’n kastrol, bring stadig tot prutpunt en laat prut 10 min. Haal die vanieljepeul uit.
  2. Klits die eiergele en strooisuiker in ’n bak tot vaal en donsig. Klits die helfte van die roommengsel in tot goed gemeng en gooi die mengsel stadig in die kastrol saam met die oorblywende roommengsel.
  3. Roer die mengsel 8-10 min. in ’n syfer 8-beweging oor lae hitte tot dit verdik en die agterkant van ’n metaallepel bedek.
  4. Verdeel die gesnyde piesangs tussen 6 ramekins. Giet die room-en-eiermengsel deur ’n sif en gooi dit oor die piesangs. Plaas die ramekins in ’n oondpan en maak half vol kookwater. Bak 25-30 min. in die oond tot geset.
  5. Haal die ramekins uit die pan en sit ’n uur in die yskas tot geset en verkoel. Wanneer reg vir voorsit, strooi die suiker oor. Verskuif die oondrak tot naby die roosterelement, sit die ramekins terug in die oond en rooster tot die suiker gekaramelliseer het.