Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 50 min.

9 ryp perskes

280 g bevrore moerbeie, ontvries

60 ml (¼ k) suiker

60 ml (¼ k) bruinsuiker

30 ml (2 e) suurlemoensap

2,5 ml (½ t) kaneel

30 ml (2 e) meel

Bolaag

400 ml meel

80 ml (? k) suiker

10 ml (2 t) bakpoeier

’n groot knippie sout

200 g botter, verkoel en in stukke gesny

5 ml (1 t) vanielje

250 ml (1 k) maas

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Sny elke perse in skywe en plaas dit in ’n bak saam met die moerbeie. Strooi dan die suikers, suurlemoensap, kaneel en meel bo-oor. Roer versigtig met ’n groot lepel tot die bestanddele die vrugte egalig bedek. Sit eenkant.
  2. Bolaag Klits die meel, suiker, bakpoeier en sout saam in ’n bak. Skraap die verkoelde botterstukke met jou hande by die droë bestanddele in tot ’n krummelrige mengsel vorm.
  3. Klits die vanielje by die maas in en giet dit by die meelmengsel in. Meng liggies met ’n vurk tot dit bymekaarkom.
  4. Die deeg sal klewerig en effens nat wees. Skep die mengsel met ’n lepel oor die vrugte. Plaas die pan in die oond en bak 50 min. tot die beslag goudbruin bo-op is en die vrugte donkerpers en borrelend.
  5. Haal uit die oond en laat 15 min. op ’n draadrak afkoel om die vulsel effens te laat set.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander