Lewer 1 middelslag-tert (6 snye)

Bereiding: 15 minute

Verkoel: verkieslik oornag

1 blik (360 g) karamelkondensmelk

250 ml (1 k) Griekse jogurt

250 ml (1 k) crème fra.che

4 (35 g elk) Peppermint

Crisp-sjokoladeplakke

1 pak (200 g) Tennis-beskuitjies

  1. Meng die kondensmelk en jogurt in ’n mengbak.
  2. Plaas 3 Peppermint Crispsjokolades in ’n plastieksak en kap fyn met ’n koekroller. Plaas die oorblywende Peppermint Crisp-sjokolade in die yskas tot benodig.
  3. Pak ’n laag Tennis-beskuitjies in ’n tertbak.
  4. Skep die helfte van die kondensmelkmengsel oor en smeer egalig oor die koekies.
  5. Smeer die helfte van die crème fraîche bo-oor te sprinkel. Herhaal die lae en eindig met ’n draaisel sjokolade.
  6. Sprinkel neute oor en plaas sowat ’n uur in die vrieskas om weer stewig te word.
  7. Haal net voor opdiening uit en sit voor.
  8. Haal die ongebreekte Peppermint Crisp uit die yskas en sny die sjokolade versigtig van die pepermentskerwe af. Sprinkel die skerwe as versiering bo-op die tert. Bêre dit in die yskas tot jy dit voorsit.
Peppermint Crisptert