Bereiding: 10 minute

Verkoeltyd: 6 uur

Genoeg vir 6 of meer mense

250 ml (1 k) vars room

397 g (1 blik) karamel-kondensmelk

3 x 49 g Peppermint Crisp-sjokolade

200 g (1 pakkie) Tea Lover’s-koekies

  1. Klits die room styf.
  2. Voeg die kondensmelk en die helfte van die fyngemaakte sjokolade by en roer liggies.
  3. Moet dit nie weer klits nie, want dan sal die room loperig raak en nie behoorlik set nie.
  4. Sit die koekies in ’n verwerker en blits tot dit soos broodkrummels is.
  5. Maak ’n laag van koekiekrummels in jou gekose bak.
  6. Versprei die helfte van die roommengsel oor die koekies en bestrooi met ’n bietjie sjokolade.
  7. Skep nog ’n laag koekiekrummels en room en bedek met die oorblywende sjokolade.
  8. Verkoel minstens 6 uur sodat die nagereg kan afkoel en set.