• Klits die room in ’n mengbak tot styf en hou eenkant.
  • Klits die karamel in ’n ander bak tot glad.
  • Verhit die gelatien sowat 10 sekondes in die mikrogolf, of tot gesmelt.
  • Meng die gesmelte gelatien by die karamel in.
  • Roer ’n derde van die room asook die helfte van die sjokolade by die karamelmengsel in.
  • Vou nou die mengsel liggies by die res van die room in.
  • Verdeel die mousse tussen 4-6 flessies of glasies en sit in die yskas om effens te stol.

VIR VOORSIT
Sprinkel die orige sjokolade oor die mousse. Krummel die koekies rofweg en strooi oor die sjokolade.