Belinda Allen van Florida Hills, Roodepoort het hierdie resep met ons gedeel.

Lewer 4-6 glase of

1 groot tert

Bereiding: 20 minute

Verkoeltyd: 6 uur

250 ml (1 k) vars room, verkoel

1 blik (360 g) karamelkondensmelk

3 stafies (49 g elk) Peppermint Crisp-sjokolade, fyn gemaak

1 pakkie (200 g) Tea Lover’skoekies

ekstra sjokolade vir oorsprinkel

  1. Klits die room styf.
  2. Roer die karamelkondensmelk en die helfte van die sjokolade liggies by. Moenie klits nie.
  3. Maak die koekies in die voedselverwerker fyn.
  4. Skep ’n laag koekiekrummels in 4-6 glase of ’n middelslagtertbak en druk vas.
  5. Skep die helfte van die roommengsel oor. Besprinkel met sjokolade.
  6. Herhaal die lae, bedek en verkoel minstens 6 uur tot stewig.
  7. Rond af met stukkies sjokolade indien verkies.

WENK

Sjokoladeverslaafdes kan sjokoladekoekies soos Romany Creams gebruik.