Mari du Plooy van Langenhovenpark onthou een van haar onderwysers het altyd gesê: “Al wat jy nodig het, is liefde – maar ’n bietjie sjokolade af en toe doen nie skade nie.”

GENOEG VIR 8 MENSE

Bereiding: 25 min.

Verkoel: oornag

VULSEL

500 ml (2 k) volroommelk

160 ml (²/3 k) suiker

60 ml (¼ k) meelblom

4 eiers, geskei

5 ml (1 t) sout

60 ml (¼ k) kakao

60 ml (¼ k) kookwater

100 g Peppermint Crispsjokolade, gerasper

30 ml (2 e) gelatien

60 ml (¼ k) koue water

60 ml (¼ k) brandewyn

ekstra 50 g Peppermint Crisp-sjokolade

KORS

200 g Tennis-beskuitjies, fyngedruk

  1. Vulsel Meng die melk, suiker, meelblom, eiergele en sout in ’n kastrol oor matige hitte. Roer aanhoudend tot die mengsel kookpunt bereik. Die vla moet glad en dik wees wanneer dit gaar is. Verwyder van die hitte; laat afkoel.
  2. Verdeel die vla in twee. Klits die kakao in die kookwater en laat afkoel. Meng die een deel van die vla met die afgekoelde kakaopasta en gerasperde sjokolade. Meng goed en sit eenkant.
  3. Los die gelatien in die koue water op, verhit 20 sek. in die mikrogolf en voeg dit en die brandewyn by die ander vla. Klits die eierwitte tot dit stywe punte vorm. Vou dit in die gelatienvla.
  4. Kors Rangskik die beskuitjies styf teen mekaar in ’n tertbak van glas.
  5. Skep die sjokolademousse oor die beskuitjies, gevolg deur die wit mousse. Garneer met die ekstra sjokolade en oorskietbeskuitjies. Verkoel oornag.