Deur Lucinda Gabrielle 12/09/2012

Bereiding: 20 minute

Verkoelingstyd: oornag

Genoeg vir 6 tot 8

500 ml (2 k) room

1 x 410 g-geblikte pere, dun skywe

6 piesangs, dun skywe

200 g x 1 pakkie gemmerkoekies, fyngemaak

100 g bloubessies

300 ml sjokolademousse

100 g pepermentsjokolade

  1. Klits die room tot dit ’n stywe punt vorm en los 15 minute in die koelkas.
  2. Plaas ’n laag pere onder in ’n glasbak en daarna ’n laag piesangs.
  3. Skep twee eetlepels room oor die piesangs, strooi ’n laag koekiekrummels oor die room, daarna ’n paar bessies en laastens ’n laag mousse.
  4. Herhaal die proses en eindig met die room, strooi pepermentsjokolade oor en laat oornag in die koelkas afkoel.