LEWER 1 TERT VAN 25 CM

Bereiding: 30 minute

Baktyd: 15 minute

TERT

2 eiers

150 g strooisuiker

100 g glanskersies, gekap

125 g pekanneute, gekap

1 pak (200 g) Tennis-beskuitjies, fyn gedruk

10 ml (2 t) bakpoeier

BOLAAG

1 blik (360 g) karamelkondensmelk

250 ml (1 k) room, geklits

ekstra gekapte pekanneute vir versiering (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n tertbak van 25 cm.

  1. TERT Klits die eiers en suiker tot lig en donsig.
  2. Voeg die res van die tertbestanddele by en meng goed.
  3. Skep die mengsel in en bak 15 minute. Laat afkoel.
  4. BOLAAG Smeer die karamelkondensmelk en geklitste room oor die tert en versier met gekapte neute indien verkies.