Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

Genoeg vir 6 mense

meel, vir rol

125 ml (½ k) strooisuiker

45 ml (3 e) water

30 ml (2 e) botter

3 pere, geskil en in skywe gesny

400 g bevrore blaardeeg, ontvries

15 ml (1 e) kaneel (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Meng die suiker en water in ’n kleefvrye pan wat vir die oond geskik is.

Kook dit oor medium hitte sonder om te roer tot dit begin karamelliseer. V

oeg botter by en verwyder van die hitte.

Rangskik die pere in die pan en sit dit dan op die stoof terug.

Laat prut 5 minute oor lae hitte.

Rol die blaardeeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en sny ’n ronde stuk uit deur ’n bord te gebruik wat groter as die pan is.

Sit die uitgesnyde deeg op die pere in die pan en sit ’n kleinbordjie op die deeg.

Stel die oond om 15 minute te bak. Haal die bord uit en bak weer 15 minute.

Maak die deeg om die rand met ‘n mes los en keer die tert versigtig op’n bord uit.

Bestrooi met kaneel as jy dit gebruik.

- Hope Malau