Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 40 min.

60 g botter, gekap

5 pere, geskil, kern verwyder en in wiggies gesny

80 ml (? k) bruinsuiker

5 ml (1 t) brandewyn

125 ml (½ k) room

2 eiers

80 ml (? k) strooisuiker

2 ml (½ t) vanielje-ekstrak

80 ml (? k) meel

125 ml (½ k) bruismeel

45 ml (3 e) kookwater

20 g botter, gesmelt

versiersuiker en kaneel vir bestrooi

  1. Voorverhit die oond tot 180 oC.
  2. Smelt die 60 g botter in ’n pan oor matige hitte. Voeg die helfte van die pere by en kook, terwyl jy gereeld omdraai, 5 minute of tot gekaramelliseer. Verplaas na ’n 24 cm vierkantige, oondvaste bak of bakpan. Meng die oorblywende pere in.
  3. Voeg die bruinsuiker in die pan en kook 1 minuut of tot dit begin oplos. Giet versigtig die brandewyn in en roer die room in tot glad. Giet oor die pere.
  4. Klits die eiers, strooisuiker en vanielje-ekstrak saam in ’n bak tot romerig. Vou die twee soorte meel, water en 20 g botter in. Giet oor die pere en bak ’n halfuur tot ’n steekpen skoon uitkom wanneer dit in die middel ingedruk word. Sif versiersuiker en kaneel oor.