LEWER 1 TERT VAN 30 CM OF SOWAT 15 PANNEKOEKE

Bereiding: 45 minute

Staantyd: 20 minute

PANNEKOEKE

250 ml (1 k) koekmeel

250 ml (1 k) melk

250 ml (1 k) water

5 ml (1 t) bakpoeier

1 eier

25 ml (5 t) olie

knippie sout

olie vir braai

kaneelsuiker vir oorstrooi

VULSEL

500 ml (2 k) room

25 g botter

50 ml suiker

25 ml (5 t) vlapoeier

50 ml melk

roomys vir voorsit

  1. PANNEKOEKE Meng al die bestanddele behalwe die olie en kaneelsuiker om ’n gladde beslag te vorm. Laat 20 minute staan. Verdun met ’n bietjie water indien nodig.
  2. Verhit ’n kleefvrye pan en giet ’n paar druppels olie in. Skep ’n soplepel vol van die beslag in die pan. Bak tot blasies op die beslag vorm. Draai om en bak tot die pannekoeke gaar is en ’n paar bruin kolle daarop vorm. Herhaal tot al die beslag opgebruik
  3. is. Strooi kaneelsuiker oor die pannekoeke.
  4. VULSEL Verhit die room en botter in ’n kastrolletjie.
  5. Meng die suiker, vlapoeier en melk om ’n pasta te vorm en voeg by die warm room. Laat die mengsel kook terwyl jy klits tot dit verdik het.
  6. Vou die pannekoeke in driehoeke. Giet ’n laag vla in ’n tertbord en plaas ’n laag driehoek-pannekoeke boop. Skep nog ’n laag vla oor en herhaal die lae. Wag tot die vla die pannekoeke deurwarm gemaak het.
  7. Sit die pannekoektert voor met roomys indien verkies.