Lewer 6 tertjies

Bereiding: 20 min.

Bak: 10 min.

Stol: 4 uur of oornag

KORS

125 g botter

paar druppels roosstroop

125 ml (½ k) versiersuiker

250 ml (1 k) koekmeel

45 ml (3 e) mielieblom

VULSEL

500 ml (2 k) room of helfte natuurlike jogurt

50 g strooisuiker

paar druppels roosstroop

12 ml (2½ t) gelatien

BOLAAG

50 g sjokolade, gesmelt

80 ml ( k) strooisuiker

5 ml (1 t) fyn gerasperde suurlemoenskil

30 ml (2 e) fyngekapte pistachioneute

5 ml (1 t) fyn gesnyde roosblaartjies

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer 6 losboom-pannetjies.

  • Kors Plaas al die bestanddele in die voedselverwerker en meng goed deur tot ’n sagte deeg. Vorm in ’n bol, verkoel 10 min. en druk vas in die pannetjies. Bak 10 min.
  • Vulsel Verhit die room en suiker tot die suiker net gesmelt is; voeg die stroop by. Spons die gelatien in 15 ml (1 e) water en smelt oor matige hitte. Meng met die roommengsel. Giet in die pannetjies; laat stol.
  • Bolaag Skep die gesmelte sjokolade oor die tertjies. Meng die suiker met die skil, neute en roosblaartjies en sprinkel oor.