Genoeg vir 4 groot porsies

of 8 kleiner porsies

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: sowat 5 minute

Stoltyd: sowat 20 minute

PANNA COTTA

15 ml (1 e) gelatien

45 ml (3 e) koue water

250 ml (1 k) room

250 ml (1 k) roomkaas

180 ml (¾ k) suiker

80 ml (¹/ ³melk

1 vanieljepeul, oopgesny

BESSIESOUS

70 g bevrore bessies (bloubessies, swartbessies of aarbeie of ’n mengsel)

30 ml (2 e) strooisuiker

1 stuk heel kaneel

1 rooibosteesakkie

kruisementblare vir versiering

  1. PANNA COTTA Sprinkel die gelatien oor die koue water en Panna cotta-koppies met bessiesous en laat ’n paar minute staan tot die gelatien sponserig word.
  2. Verhit die room, roomkaas, suiker, melk en vanieljepeul in ’n kastrol en roer tot die suiker opgelos is.
  3. Plaas die gelatien ’n paar sekondes in die mikrogolfoond tot dit verhelder.
  4. Verwyder die vanieljepeul uit die roommengsel en roer die gelatien daarby.
  5. Giet in klein koppies en plaas in die yskas om te stol.
  6. BESSIESOUS Verhit intussen al die bestanddele vir die bessiesous saam en laat goed kook.
  7. Verwyder die teesakkie en druk die bessies fyn of pols fyn in die voedselverwerker.
  8. Giet die bessiesous oor die panna cotta-koppies en versier die nagereg met kruisementblare. Sit voor saam met koffie.