GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 10 min.

Verkoel: 6 uur

750 ml (3 k) room

250 ml (1 k) melk

160 ml (? k) strooisuiker

2 kaneelstokke, middeldeur gebreek

5 ml (1 t) vanieljegeursel

15 ml (1 e) gelatienpoeier

60 ml (¼ k) warm water

1.     Plaas die room, melk, suiker, kaneel en vanielje in ’n kastrol oor lae hitte. Roer oor lae hitte tot die suiker opgelos het. Verhoog die hitte en kook tot dit net prut. Verwyder van die hitte.

2.     Klits die gelatien en warm water saam tot opgelos. Voeg by die roommengsel en meng goed. Sit eenkant om effens af te koel.

3.     Gooi die mengsel deur ’n sif in ’n beker en giet die vloeistof in vorms. Laat verkoel 6 uur of oornag in die koelkas tot geset.

4.     Doop die vorms 3 sek. in warm water en keer op opdienborde uit.

Deur Hope Malau

Foto's: Megan Miller