Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

Genoeg vir 4 mense

3 gelatienvelle

250 ml (1 k) melk

250 ml (1 k) dikroom

1 vanieljepeul, oopgespleet en sade uitgekrap

45 ml (3 e) suiker

Sous

200 ml (¾ k) suiker

200 ml (¾ k) water

45 ml (3 e) port

250 g frambose

kruisement vir garnering

1.       Week die gelatienvelle in ’n bietjie koue water tot sag. Gooi die melk, room, vanieljepeul en -sade en suiker in ’n kastrol en laat prut 5 minute oor medium hitte.

2.       Haal die vanieljepeul uit en giet die mengsel deur ’n sif. Haal die gelatienvelle uit die water en klits dit by die melkmengsel in tot opgelos.

3.       Verdeel die mengsel tussen vier ramekins. Sit dit in die yskas vir minstens 2 uur of tot geset.

Sous

Sit die suiker, water en port in ’n kastrol en laat prut oor medium hitte tot die suiker opgelos het. Voeg die helfte van die frambose by en meng die sous tot glad. Druk deur ’n sif en sit die sous voor saam met die panna cotta en oorblywende frambose.

- Hope Malau