Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

Lewer 12 vierkante

625 ml (2½ k) meel

5 ml (1 t) bakpoeier

5 ml (1 t) koeksoda

’n knippie sout

7 ml (1½ t) fyn kaneel

5 ml (1 t) fyn gemmer

80 g ongesoute botter, versag

500 ml (2 k) bruinsuiker

2 eiers

500 g pampoen, gaar

410 g (1 blik) ingedampte melk

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

Sous

250 ml (1 k) suiker

375 ml (1½ k) dik room

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Meng die meel, bakpoeier, koeksoda, sout, kaneel en gemmer in ’n bak.

Sit die botter en suiker in ’n bak en klits tot bleek en donsig.

Voeg die eiers, pampoen, ingedampte melk en vanielje by en meng.

Gooi die droë bestanddele in die bak en vou in tot gemeng.

Giet die mengsel in ’n gesmeerde, diep bakpan en bak 20 minute.

Laat koel af op ’n draadrak en sny in blokke. Sit voor saam met karamelsous.

Sous

Versprei die suiker egalig in ’n groot kastrol oor lae hitte.

Wanneer die suiker om die kante begin smelt, gebruik ’n hittebestande lepel om dit na die middel toe te roer tot alles gesmelt het.

Wanneer die suiker begin bruin raak, klits die room in en laat borrel dit 5 minute of tot dik.

- Hope Malau