LEWER 1 KOEK

Bereiding: 20 minute

Baktyd: 10 minute + 75 minute

KORS

2 pakkies (150 g elk) oreokoekies

45 ml (3 e) gesmelte botter

VULSEL

500 g roomkaas

80 ml (¹/³ k) strooisuiker

125 ml (½ k) suurroom

2 ml (½ t) sout

5 ml (1 t) vanieljegeursel

1 eier

1 pakkie (150 g) oreokoekies, grof gebreek

BOLAAG

125 ml (½ k) suurroom

Voorverhit die oond tot 160 °C Smeer ’n 19 cm- koekpan met botter of margarien

  1. Kors Plaas die koekies en botter in ’n voedselverwerker en verwerk tot goed gemeng druk in die pan vas en bak 10 minute.
  2. Vulsel Klits al die bestanddele behalwe die Oreo's saam tot goed gemeng en skep in die voorbereide kors. Sprinkel die helfte van die gebreekte koekies oor en vou liggies in.
  3. Bak 75 minute lank of tot die koek gaar, maar steeds effens drillerig in die middel is Laat in die afgeskakelde oond afkoel en plaas in die yskas.
  4. Bolaag Skep bolle suurroom bo-op en sprinkel die orige koekies oor net voor jy die koek voorsit.