GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 1 uur

Sous

80 ml (1/3 k) donkerbruinsuiker

75 g botter

160 ml (2/3 k) room

4 piesangs, oorlangs gehalveer

Beslag

140 g botter

375 ml (1½ k) donkerbruinsuiker

3 eiers

310 ml (1¼ k) bruismeel

vla vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n pan met gesmeerde bakpapier uit.

1. Sous: Kook die suiker en botter in ’n klein kastrol oor lae hitte terwyl jy aanhoudend roer tot die botter smelt en die sous glansend is. Voeg die room by en laat prut. Verwyder van die hitte en giet in die gevoerde pan. Laat afkoel. Plaas die piesangs in die sous.

2. Beslag: Klits die botter, suiker, eiers en meel saam in ’n groot bak tot vaal en dik. Skep die mengsel oor die piesangs en bak 50 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom wanneer dit ingesteek word.

3. Sit die poeding in bakke voor. Giet die vla oor.

Deur Hope Malau

Foto’s: Megan Miller