Kry jy ’n onverwagse gas? Hier is ’n vinnige nagereg om te berei.

Genoeg vir 2 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 60 sek.

80 ml (? k) bruismeel

15 ml (1 e) kakaopoeier, ekstra vir bestuif

15 ml (1 e) bruinsuiker

1 eier

30 ml (2 e) melk

20 g botter, gesmelt

1 ml (¼ t) vanieljegeursel

  1. Sif die meel en kakao in ’n bak. Voeg die suiker by.
  2. Klits die eier, melk, botter en vanielje. Voeg dit by die meelmengsel en roer tot goed gemeng.
  3. Skep die mengsel in twee 250 ml-koppies. Mikrogolf 60 sek. op hoog of tot gaar.
  4. Bestuif met ekstra kakao en sit voor.

Deur Hope Malau

Video: Megan Miller