Tradisionele melkkos wat van snysels gemaak is, is voorheen skertsend stingelom-die-smoel genoem.

Genoeg vir 6-8 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20-25 minute

100 ml (70 g) sago

1 liter (4 k) melk

30 ml (2 e) botter

2 eiers, geskei

75 ml (5 e) koekmeel

20 ml (4 t) vlapoeier

2 ml (½ t) sout

125 ml (½ k) water

60 ml (¼ k) suiker

2 ml (½ t) fyn kaneel

  1. Plaas die sago en 250 ml (1 k) van die melk in ’n mikrogolfvaste glasbak en mikrogolf 2½ minute op hoog. Roer goed en laat ’n rukkie staan.
  2. Voeg die oorblywende melk en botter by en mikrogolf nog 15 minute. Roer ná elke 5 minute.
  3. Klits die res van die bestanddele behalwe die eierwitte saam en roer by die sagomengsel in. Mikrogolf 6 minute en roer ná die eerste 3 minute.
  4. Klits die eierwitte styf en vou by die sagomengsel in. Sit warm voor saam met kaneelsuiker.

WENK

Jy kan ook ’n kaneelstokkie en 2 kardemomsade by die melk voeg. Verhit tot louwarm en verwyder die speserye.