Lewer ’n groot tert

Bereiding: 5 minuite

Baktyd: 5 minute

KORS

1 pakkie (200 g) Tennis-beskuitjies, fyngemaak

45 ml (3 e) botter, gesmelt

VULSEL

500 ml (2 k) vrugtejogurt

1 blik (387 g) kondensmelk

AFRONDING

bessies

KORS

Meng die bestanddele en druk vas in ’n tertbord.

VULSEL

Meng die bestanddele en skep op die kors.

Mikrogolf 5 minute by 100-persent-krag. Laat afkoel en verkoel.

AFRONDING

Versier met bessies van jou keuse.

Volg Huisgenoot op Twitter.