Genoeg vir 6-8 mense

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

DEEG

250 ml (1 k) koekmeel

5 ml (1 t) bakpoeier

1 ml (¼ t) sout

1 eier, ongeklits

125-150 ml koue water

ekstra koekmeel

MELKMENGSEL

2 L (8 k) melk

3 stukke pypkaneel

1 reep droë lemoenskil

3 eiers, geskei

60 ml (¼ k) suiker

2 ml (½ t) fyn kaneel

kaneelsuiker

  1. Deeg Sif die droë bestanddele saam. Voeg die eier by en meng met ’n houtlepel. Voeg net genoeg koue water by om ’n sagte deeg te vorm. Meng tot net gemeng.
  2. Rol die deeg baie dun op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Besprinkel die deeg met meel.
  3. Rol die deeg in ’n lang rolletjie op. Sny met ’n skerp mes in baie dun skyfies. Maak die skyfies liggies van mekaar los met jou vingers. Werk meel deur die snysels sodat dit met meel bedek word. Bedek met ’n klam doek en hou eenkant.
  4. Melkmengsel Verhit die melk, pypkaneel en sitrusskil oor lae hitte tot kookpunt.
  5. Voeg die deegsnysels bietjies-bietjies by die melk en roer in. Laat prut tot die melk verdik en die deeg gaar is.
  6. Klits die eiergele, suiker en kaneel. Roer ’n bietjie van die melksnysels by die eiermengsel in, voeg die eiermengsel by die melksnysels en laat weer goed kook.
  7. Klits die eierwitte styf en vou by die melksnyselmengsel in.
  8. Skep die snysels in bakkies; besprinkel met kaneelsuiker.