Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 30 min. 

2 L (8 k) melk

125 ml (½ k) suiker

250 ml (1 k) meel

5 ml (1 t) sout

30 ml (2 e) fyn kaneel

2 ml (½ t) neutmuskaat

5 ml (1 t) bakpoeier

30 ml (2 e) botter

30 ml (2 e) melk

ekstra fyn kaneel vir oorstrooi

  1. Verhit die melk en suiker in ’n diep kastrol oor matige hitte tot warm (nie kookpunt nie).
  2. Meng die meel, sout, kaneel, neutmuskaat en bakpoeier in ’n mengbak.
  3. Vryf die botter by die mengsel in. Voeg dan die melk by en meng tot die mengsel krummelrig is.
  4. Voeg die botterige meelmengsel by die warm melk en laat prut 20 min. terwyl jy dit af en toe roer.
  5. Sit warm voor in bakkies met ’n bietjie van die fyn kaneel bo-oor gestrooi.

Deur Hope Malau