’n Trots Suid-Afrikaanse troosnagereg.

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 10 min.

8 x 250 ml melk

375 ml (1½ k) bruinsuiker

1 ml (¼ t) vanieljesaad

500 ml (2 k) meel, gesif

1 ml (¼ t) sout

80 g botter

kaneelsuiker vir voorsit

  1. Bring die melk, suiker en vanieljesaad in ’n pot oor matige hitte stadig tot kookpunt tot die suiker opgelos het.
  2. Meng die meel en sout in ’n bak en vryf die botter in tot dit soos broodkrummels lyk.
  3. Voeg die meelmengsel by die melk terwyl jy aanhoudend roer tot die meel heeltemal ingemeng is.
  4. Bedek en laat prut stadig 10 min. oor lae hitte terwyl jy kyk dat dit nie brand nie. Skep die melkkos in sopbakke en bestrooi met die kaneelsuiker.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander